My Storie

Ek is Nadine Blom — bekroonde sangeres, motiveringspreker, skrywer, seremoniemeester en radio-omroeper. Met my vurige rooikop, warm verhoogpersoonlikheid en fluweelstem het ek regoor Suid-Afrika bekendheid verwerf.

Ek het twee SAMA-toekennings, 'n Ghoema-, Bokkie- en Flam-toekenning ontvang vir my bydrae tot die musiekbedryf, en platinum- en goue status bereik met verskeie vrystellings. My debuut by die KKNK in 2003 met "Veer" het my na België en die Lae Lande geneem, en ek het ook by die Kanasiefees in Kanada opgetree.

Behalwe vir musiek het ek 'n groot passie vir vroueoggende en kinders — Supercool vir Jesus is een van my projekte wat gesinsvriendelike vermaak bied. Ek is ook prokureur met 'n Meestersgraad in Internasionale Reg, spesialis in mensehandelbewustheid, en skrywer van boeke soos "Ankers vir Vandag" en "Skarlakenkinders".

Of dit nou 'n vroueoggend, kerk, fees of korporatiewe byeenkoms is — ek werk saam met jou om die boodskap en atmosfeer reg te kry.

Nadine Blom

Luister & Kyk

Nadine Blom in JUIG
Lees Meer

Ons voorbladartikel met Nadine Blom bring 'n eerlike en hoopvolle gesprek oor geloof, gehoorsaamheid en God se herstelwerk. Sy deel openhartig …

Kliek hier
Nuwe Liefde
Dis Wat Liefde Is

Besprekings

Supercool Play

Stroom Supercool vir Jesus en gesinsvriendelike shows vir kinders.

Gesonde vermaak vir die hele gesin.

Borgskappe

Fleur Beauty